Nuus

Latest News

Een van ons juniors, Rykie Combrink, neem deel aan die SA Junior Girls te Orkney Gholfklub vanaf 30 Junie 2019 tot 2 Julie 2019.  Ons wens haar alle voorspoed toe.

Die FORD/TOYOTA Drive your brand kompetisie was ‘n groot sukses en almal het die dag baie geniet.

Ford wen die dag met 227 punte met Toyota ‘n kort kop agter hulle met 223 punte.

Die Betterbal kompetisie is gewen deur Riekus de Wet en Johan Smit met 49 punte.

Johan Smit was Saterdag onkeerbaar en het die 18 gate met ‘n yslike 9 onder baansyfer voltooi.